Über den Autor Jaco Jacobs
Jaco Jacobs is die skrywer van 300 boeke vir kinders en bykans twee miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met meer as 45 bekronings vir sy werk en van sy boeke is vertaal in Engels, Italiaans, Mandaryns, Nederlands, Italiaans, Portugees en Spaans. Twee van sy boeke is tot films verwerk. Jaco en sy gesin woon in Bloemfontein.In 2012 het Gabi Boy 'n kinderklere-onderneming saam met 'n vriendin begin. Dit was die begin van haar belangstelling in grafiese ontwerp. Nadat hulle die maatskappy verkoop het, het sy besluit om haar droom na te jaag om 'n grafiese ontwerper en illustreerder te word. In 2020 was sy een van drie wenners van 'n illlustrasie-kompetisie. Sedertdien het sy al 'n hele paar boeke geillustreer. Gabi en haar gesin woon in Durbanville.